Self-studie pakkette is beskikbaar!!!  U het dus `n keuse tussen een-tot-een opleiding of self-studie vir die Pastel Partner, Basiese Boekhouding en Sage Business Cloud Accounting kursusse.  Kliek hier vir meer inligting.

Ek, Zelna Naudé, is 'n gesertifiseerde Pastel On-Site Trainer en beskik oor die nodige kwalifikasies en akkreditasies om Pastel opleiding aan te bied.  Sertifikate as bewys is beskikbaar op aanvraag.  Lees gerus hier meer oor die ontstaan van my besigheid.

Kursusse beskikbaar - Pastel Partner Intermediate , Basiese Boekhou (Fundamental Bookkeeping) en Sage Business Cloud Accounting

Die sertifikate wat uitgereik word deur Pastel is SETA geakrediteer - lees hier meer oor die spesifieke SETA akkreditasie.

Kontak my gerus vir meer inligting.

Die vraag na Microsoft Office kursusse (Excel, Word ens) is groot en daarom het ek besluit om dit ook aan te bied.  Kyk gerus onder "Microsoft Office kursusse" vir die verskillende opsies wat beskikbaar is.

"Soft Skill" vaardighede is ook in aanvraag en kursusse daarvoor kan nou deur my gedoen word.  Lees gerus hier vir meer inligting daaroor.

Al die kursusse kan ook in groepe aangebied word by klein en groot besighede.  Kyk bietjie onder "Corporate Training" vir meer besonderhede.