{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

U kan kies tussen een-tot-een opleiding of self-studie.

Die nuutste Pastel Accounting V18 is nou beskikbaar!  

Aangesien daar slegs klein verskille tussen Pastel Xpress en Pastel Partner is, is dit 'n goeie idee om eerder die Pastel Partner kursus te voltooi. Indien u 'n sertifikaat verwerf vir Pastel Partner sal u ten volle in staat wees om Pastel Xpress ook te gebruik.

Die Pastel Partner V18 Intermediate kursus se een-tot-een prys is R9 000 en kan aanlyn betaal word.

Die kursusfooi sluit in: 

  • Handleiding wat gebruik word tydens opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
  • "Educational" Pastel program wat op u eie rekenaar gelaai word en waarop u die kursus kan oefen
  • Een-tot-een opleiding deur 'n opgeleide, geregistreerde Pastel Onsite Trainer (mits dit binne 'n radius van 200km vanaf Heilbron in die Vrystaat is)
  • Eksamenfooi
  • Sertifikaat

Die kursus duur normaalweg tussen 16 en 24 uur, afhangende van u vlak van vaardigheid.  Dit word aangebied in 2 - 3 dae. Tye kan gereël word soos dit u pas - selfs oor naweke!  Die kursus word nie in 'n groep aangebied nie maar een-tot-een en daarom is dit baie maklik om kursustye aan te pas volgens u spesifieke behoeftes.

Die kursusaanbieder is 'n gesertifiseerde, geakrediteerde Pastel Onsite Trainer.  (Sertifikaat as bewys op aanvraag beskikbaar)

Indien u oor 'n redelike rekenaarkennis beskik en ook 'n bietjie boekhou (Rekeningkunde) ondervinding het, kan u die Pastel Partner kursus as 'n self-studie projek aan pak.   Die V18 se self-studie prys is R2 900.  Dit kan aanlyn bestel en betaal word.

Selfstudie sluit die volgende in: 

  • Handleiding wat nodig is vir die opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
  • "Educational" Pastel program wat u self op u rekenaar laai en waarop u die kursus kan doen
  • E-pos en Whatsapp hulp van 'n opgeleide, geregistreerde Pastel Onsite Trainer terwyl u self deur die handleiding werk.
  • Eksamenfooi
  • Sertifikaat

U sal merk dat die enigste verskil is die metode van aanbieding - vir die volle prys kry u onverdeelde een-tot-een aandag van die opleier terwyl vir die verminderde prys kry u presies dieselfde behalwe dat die opleier nie vir die volle duur van die kursus langs u sit en u stap vir stap deur die kursus neem nie.  

Die keuse is dus eenvoudig - as u op twee of meer van die volgende vrae "JA" kan antwoord, dan kan u die self-studie kursus met vertroue aanpak:

1.  Ek het genoegsame rekenaarkennis om self die kursusmateriaal te volg - JA/NEE

2.  Ek beskik oor genoeg boekhou kennis om die beginsels in die handleiding te verstaan - JA/NEE.  (Indien u boekhoukennis nie voldoende is nie, kliek hier.)

3.  Ek is 'n gemotiveerde persoon wat oor genoeg self-dissipline beskik om op my eie tyd deur die kursus te werk en uiteindelik my sertifikaat te verwerf - JA/NEE

Onthou - die opleier is net 'n epos, telefoonoproep of Whatsapp boodskap ver.  Hulp is dus beskikbaar, maar u sal self die tyd moet maak om deur die materiaal te werk.

Kliek hier vir die volledige inhoudsopgawe van die Pastel Partner Intermediate kursus.

Kontak ons gerus vir meer inligting.