{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock
PASTEL PARTNER INTERMEDIATE SAGE50CLOUD/V19
|
|||
Metode van aanbieding | Selfstudie / VIDEO TRAINING | LIVE ONLINE TRAINING | Een-tot-een |
Prys vir kursus | R4 000 eenmalig | R7 000 eenmalig | R10 000 eenmalig |
Tydsduur | Eie tyd | 12 - 16 ure op ZOOM | 2 volle dae |
Plek van aanbieding | Handleidings word landswyd gestuur | Internet - ZOOM meeting | Net binne 150km vanaf Heilbron |
Versending van studiemateriaal | PostNet to PostNet (verkieslik) | PostNet to PostNet (verkieslik) | Per hand |
Hulp tydens studie | Whatsapp, e-pos, telefoon | Direkte hulp op Zoom | Fisies teenwoordig |
Taal van handleiding | Engels | Engels | Engels |
Eksamen | Online op Pastel se website | Online op Pastel se website | Online op Pastel se website |
Tydsduur van eksamen | 2 ure | 2 ure | 2 ure |
Slaagsyfer | 75% | 75% | 75% |
Sertifikaat | SETA geakrediteer (NQF Level 4) | SETA geakrediteer (NQF Level 4) | SETA geakrediteer (NQF Level 4) |
Versending van sertifikaat | Direk vanaf Pastel per e-pos | Direk vanaf Pastel per e-pos | Direk vanaf Pastel per e-pos |
Hereksamen | Is beskikbaar teen 'n koste (+-R750) | Is beskikbaar teen 'n koste (+-R750) | Is beskikbaar teen 'n koste (+-R750) |
Ou vraestelle | Ongelukkig nie beskikbaar nie | Ongelukkig nie beskikbaar nie | Ongelukkig nie beskikbaar nie |
Afbetaal beskikbaar | Ja, maar handleiding word eers gestuur na volle betaling ontvang is. | Ja, maar handleiding word eers gestuur na volle betaling ontvang is. | Ja, maar kursus word eers aangebied na volle betaling ontvang is. |
Inhoud van kursus | Kliek hier | Kliek hier | Kliek hier |
Aanlyn inskrywing | Kliek hier | Kliek hier | Kliek hier |
U kan kies tussen een-tot-een opleiding, self-studie (met gratis Video's ingesluit) of "Live Online Training" - vir meer inligting oor "Live Online Training" kliek hier, of kyk die video hier (scroll af tot by die LIVE ONLINE TRAINING video asb)
VIDEO TRAINING is die nuutste toevoeging tot die aanbiedingsmetodes - opnames is gemaak van elke liewe detail in die Sage50cloud/V19 Pastel Partner Intermediate handleiding en jy kry hierdie videos (op Dropbox) gratis saam sodra jy registreer en betaal vir die selfstudie opsie. Jy kan dus self op jou eie tyd deur die handleiding wat jy gaan ontvang werk terwyl jy die videos kyk wat jou wys presies wat om te doen. Jy kan hierdie videos oor en oor gebruik totdat jy seker is jy is vertroud met die kursusinhoud en dan kan jy jou eksamen skryf.
Aangesien daar slegs klein verskille tussen Pastel Xpress en Pastel Partner is, is dit 'n goeie idee om eerder die Pastel Partner kursus te voltooi. Indien jy 'n sertifikaat verwerf vir Pastel Partner sal jy ten volle in staat wees om Pastel Xpress ook te gebruik.
Die Pastel Partner V19 Intermediate kursus se een-tot-een prys is R10 000 en kan aanlyn betaal word.
Die kursusfooi sluit in:
- Handleiding wat gebruik word tydens opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
- "Educational" Pastel program wat op u eie rekenaar gelaai word en waarop u die kursus kan oefen
- Een-tot-een opleiding deur 'n opgeleide, geregistreerde Pastel Onsite Trainer (mits dit binne 'n radius van 150km vanaf Heilbron in die Vrystaat is)
- Eksamenfooi
- Sertifikaat
Die kursus duur normaalweg tussen 16 en 24 uur, afhangende van u vlak van vaardigheid. Dit word aangebied in 2 - 3 dae. Tye kan gereël word soos dit u pas - selfs oor naweke! Die kursus word nie in 'n groep aangebied nie maar een-tot-een en daarom is dit baie maklik om kursustye aan te pas volgens u spesifieke behoeftes.
Die kursusaanbieder is 'n gesertifiseerde, geakrediteerde Pastel Onsite Trainer. (Sertifikaat as bewys op aanvraag beskikbaar)
Indien u oor 'n redelike rekenaarkennis beskik en ook 'n bietjie boekhou (Rekeningkunde) ondervinding het, kan u die Pastel Partner kursus as 'n self-studie projek aan pak. Die V19 se self-studie prys is R4 000. Dit kan aanlyn bestel en betaal word en jy kry dan ook die VIDEO TRAINING gratis saam.
Selfstudie sluit die volgende in:
- Handleiding wat nodig is vir die opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
- "Educational" Pastel program wat u self op u rekenaar laai en waarop u die kursus kan doen
- Toegang tot die VIDEO TRAINING wat ek op Dropbox met jou deel.
- E-pos en Whatsapp hulp van 'n opgeleide, geregistreerde Pastel Onsite Trainer terwyl u self deur die handleiding werk.
- Eksamenfooi
- Sertifikaat
U sal merk dat die enigste verskil is die metode van aanbieding - vir die volle prys kry u onverdeelde een-tot-een aandag van die opleier terwyl vir die verminderde prys kry u presies dieselfde behalwe dat die opleier nie vir die volle duur van die kursus langs u sit en u stap vir stap deur die kursus neem nie.
Die keuse is dus eenvoudig - as u op twee of meer van die volgende vrae "JA" kan antwoord, dan kan u die self-studie kursus met vertroue aanpak:
1. Ek het genoegsame rekenaarkennis om self die kursusmateriaal te volg - JA/NEE
2. Ek beskik oor genoeg boekhou kennis om die beginsels in die handleiding te verstaan - JA/NEE. (Indien u boekhoukennis nie voldoende is nie, kliek hier.)
3. Ek is 'n gemotiveerde persoon wat oor genoeg self-dissipline beskik om op my eie tyd deur die kursus te werk en uiteindelik my sertifikaat te verwerf - JA/NEE
Onthou - die opleier is net 'n epos, telefoonoproep of Whatsapp boodskap ver. Hulp is dus beskikbaar, maar u sal self die tyd moet maak om deur die materiaal te werk.
Daar is 'n derde opsie ook beskikbaar - LIVE ONLINE TRAINING! Om dit te kan doen benodig jy 'n goeie internetkonneksie en 'n rekenaar met 'n webcam en mikrofoon. Ons skeduleer dan 'n tyd vir 'n ZOOM meeting en op daardie manier bied ek die kursus vir jou aan oor die internet - so goed asof ek langs jou sit! Hierdie opsie kan ook aanlyn bestel word - Kliek hier.
Vir 'n beperkte tydperk is daar Sage50cloud/V19 Pastel Partner Intermediate selfstudie handleidings beskikbaar teen R2 000 - maar hierdie kursusse het nie eksamennommers en sertifikate nie. Jy gaan dus die volledige kursus in jou eie tyd kan deurwerk teen die helfte van die prys, maar jy gaan nie kan eksamen skryf en 'n sertifikaat kry nie. As jy belangstel bestel asb dadelik, net 'n beperkte hoeveelheid is beskikbaar.
Kliek hier vir die volledige inhoudsopgawe van die Pastel Partner Intermediate kursus.
Kontak ons gerus vir meer inligting.