Nuusbrief/Blog


2015-11-12
Hoekom Pastel?


Pastel het meer as 6 miljoen gebruikers!

As dit jou nie oortuig nie – lees gerus verder.

Reeds sedert 1989 is Pastel die leier in die ontwikkeling van gerekenariseerde “boekhou” sagteware. Pastel is internasionaal beskikbaar sedert die middel 1990’s en word gebruik in 52 lande!  Die program kan gedoen word in 8 tale en, soos reeds genoem, het Pastel meer as 6 miljoen kliënte!  Voorwaar ‘n trotse prestasie.

Pastel is voortdurend besig met nuwe ontwikkeling en daarvan getuig hulle wye produkreeks en die voortdurende opgradering van bestaande produkte.  Hulle kliënte ondersteuning is uitstekend en word ondersteun deur die “Sage Pastel Business Care Licence”.

Opleiding geniet hoë prioriteit en voordat enigiemand Pastel kursusse kan aanbied is daar ‘n streng opleidingsprogram wat eers deurloop moet word.  Opleiding aan gebruikers word dan deur hierdie opgeleide “trainers” aangebied – of by ‘n opleidingsentrum (ATC) of een-tot-een deur “On-site Trainers”.  Hierdie ATC’s en On-site Trainers moet jaarliks hulle lisensies met Pastel hernu en hulle eie opleiding moet altyd op datum wees.

Die sertifikate wat uitgereik word na suksesvolle voltooiing van enige Pastel kursus is SETA geakrediteer en die nodige krediete soos bepaal deur die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NQF) word daaraan gekoppel.

Hoekom Pastel?  Omdat Pastel net eenvoudig die beste is!

Lees gerus die volledige Pastel “About Us” hier - https://www.pastel.co.za/About-Pastel-Accounting-Software.asp

En kontak my vandag nog om jou Pastel kursus te bespreek – zelna@boekhoukursusse.co.za

 


Terug Terug na bo