Nuusbrief/Blog


2018-11-19
4 REDES HOEKOM ELKEEN BASIESE BOEKHOUDING MOET LEER


Wanneer jy vir jou vriende vertel dat jy ingeskryf het vir 'n Basiese Boekhouding kursus gaan jy reaksies kry soos:  "Ugh, hoekom?" of dalk is hulle bietjie meer simpatiek met iets soos:  "O, jammer om dit te hoor."

Boekhou is nie baie gewild nie, maar dit is 'n uitsonderlike goeie vak om te leer. En dit is glad nie so moeilik as wat jy mag dink nie!  Luister klaar – hier is vier redes hoekom enigeen sal baatvind by die verstaan van basiese boekhouding.

  1. Sodat jy nie ingeloop word nie!

Die koop van 'n kar is 'n groot uitgawe. Dit kan oorweldigend wees om te beding vir 'n beter prys, so hoekom nie instap met selfvertroue, wetende dat jy verstaan hoe 'n besigheid soos 'n motorhandelaar bestuur word en dat daar maniere is waarop jy 'n beter prys kan beding? As jy kennis het van boekhouding sal jy weet dat die kar wat jy gaan koop op die handelaar se balansstaat wys as voorraad.  Jy sal ook weet, vir die motorhandelaar om in bedryf te bly, moet dit wins maak op die kar (maar jy kan hulle steeds afstry, want hulle hoef nie so groot wins te maak nie).

Sodra jy wegry met die kar, word dit uit die handelaar se voorraad geneem, betaling word ontvang (kontant of lening) en wins word bereken. Jy sal ook weet dat meeste handelaars op 'n maandelikse verkoopsiklus werk en dat hulle kwotas het vir die hoeveelheid voorraad wat hulle in 'n spesifieke tyd moet verkoop.  Met hierdie kennis kan jy naby aan die einde van die maand instap, verduidelik waarna jy soek, en uitstap met 'n beter prys op jou droom kar (en die respek van die verkoopspersoon).  

  1. Sodat jy nie geintimideer word deur jou eie finansies nie

Wees eerlik, kan jy verduidelik waar al jou geld heen is nadat jou salaris inbetaal is? Selfs al is jy gelukkig genoeg om 'n werk te hê wat al die rekeninge betaal, kan dit onmoontlik lyk om maandeliks 'n bedrag te spaar. Met bietjie boekhouding kennis op jou naam sal jy baie beter verstaan wat met jou eie finansies aangaan en sal jy ook belangrike vaardighede leer soos hoe om effektief boek te hou van jou uitgawes en binne 'n begroting te bly.

Baie mense gebruik die verskoning van "ek is nie goed met Wiskunde nie" om te verduidelik hoekom hulle nie boekhouding wil leer nie, maar eintlik is die wiskunde wat benodig word baie basies.  As jy kan optel en aftrek, maal en deel, dan is jy gereed! Met jou nuut verworwe kennis kan jy dalk genoeg spaar om jou ouers op 'n bootreis te stuur om hulle te bedank vir al die jare wat hulle jou skamele inkomste aangevul het!

  1. Sodat jy sin kan maak uit huidige gebeure

Daar is geen tekort aan skandale in die finansiële wêreld nie. Jy sal sukkel om die nuus te luister sonder om te hoor van die onlangse manipulasie van syfers wat tot gevolg gehad het dat duisende mense ingedoen is. Net soos enige ander industrie sal daar altyd diegene wees wat volgens die reëls speel en die wat dit nie doen nie. Hoekom die media vertrou om te verstaan wat gebeur?  Met basiese beokhouding kennis kan jy self verstaan wat hierdie maatskappye verkeerd gedoen het en hoekom dit saak maak. Jy kan dit selfs op partytjies, of langs die braaivleisvuur, aan jou vriende verduidelik en baie slim klink.

  1. Sodat jy jou baas kan beindruk

Stel jou hierdie situasie voor: Jy is in 'n personeelvergadering en die Finansiële Bestuurder bespreek die afgelope kwartaal se finansies. As jy boekhouding kennis het sal jy nie net verstaan wat hy sê nie, maar jy sal ook instaat wees om 'n eiertjie te lê met jou eie finansiële wysheid en sodoende nie net die Finansiële Bestuurder beindruk nie, maar ook jou onmiddellike hoof en al jou medewerkers, wie almal hulle koppe blindelings gaan skud in die hoop dat niemand hulle iets gaan vra nie.

Daar is nog vele ander redes hoekom dit voordelig is om kennis van boekhou te hê maar ek gaan eers hiermee volstaan.  As ek jou oortuig het dat boekhou kennis vir jou voordelig kan wees skryf dan so gou moontlik in vir jou Basiese Boekhouding kursus deur Avrio Kursusse - https://www.boekhoukursusse.co.za/p/697711/basiese-boekhouding

Bron:  Die Internet

 


Terug Terug na bo