Sage Business Cloud Accounting |
|
Vrae oor Sage Business Cloud Accounting word hier beantwoord.
|
|
Kliek hier om te sien wat alles in die kursus behandel word.
Pastel Accounting (Partner of Xpress) is 'n sagteware program wat jy op jou rekenaar installeer en waarop jy dan die boekhouding doen.
Sage Business Cloud Accounting is 'n online weergawe, maw om hom te gebruik moet jy permanent aan die internet gekoppel wees.
Saam met die Sage50cloud Pastel Partner Intermediate handleiding kry jy die "educational software" wat jy op jou rekenaar installeer en waarop jy dan die kursus doen. Sou jy vorentoe Pastel wil gebruik om boeke op te doen sal jy fisies 'n Pastel program moet aankoop.
In die geval van Sage Business Cloud Accounting verduidelik die kursushandleiding vir jou hoe om op die internet in te gaan en daar kry jy dan 'n "training company" waarop jy die kursus oefen - maar jy moet online wees om dit te kan doen.
Sou jy in die toekoms Sage Business Cloud Accounting wil gebruik moet jy by Sage inskryf, 'n maandelikse fooi betaal en dan werk jy permanent op die internet om die boekhouding te doen.
LIVE ONLINE TRAINING word gedoen deur middel van 'n ZOOM meeting.
Jy, as student, benodig 'n rekenaar met 'n internetkonneksie, 'n webcam en 'n mikrofoon. Sodra jy dan jou handleiding(s) vir die kursus wat jy wil doen bestel, betaal en ontvang het, skeduleer ons 'n tyd vir 'n ZOOM meeting. Met behulp van ZOOM kan ek en jy mekaar sien, hoor en ook ons rekenaarskerms met mekaar deel - die kursus word dus so aangebied en dit is so goed asof ek langs jou sit!