Soft Skills |
 |
Antwoorde op vrae oor die Soft Skills kursusse wat aangebied word.
|
|
Daar is honderde verskillende kursusse om van te kies. Kliek hier en besluit waarin jy belangstel.
R800
Dit sluit in 'n handleiding wat elektronies aan jou gestuur sal word na ontvangs van EFT betaling, sowel as my hulp (Whatsapp, e-pos, telefonies) terwyl jy leer.
Sodra ek bewys van EFT betaling vir 'n kursus van jou ontvang stuur ek dadelik die handleiding elektronies aan jou.
Jy kan afbetaal maar ongelukkig kan ek eers die handleiding(s) vir jou stuur nadat ek die volle bedrag ontvang het.
LIVE ONLINE TRAINING word gedoen deur middel van 'n ZOOM meeting.
Jy, as student, benodig 'n rekenaar met 'n internetkonneksie, 'n webcam en 'n mikrofoon. Sodra jy dan jou handleiding(s) vir die kursus wat jy wil doen bestel, betaal en ontvang het, skeduleer ons 'n tyd vir 'n ZOOM meeting. Met behulp van ZOOM kan ek en jy mekaar sien, hoor en ook ons rekenaarskerms met mekaar deel - die kursus word dus so aangebied en dit is so goed asof ek langs jou sit!