Avrio Kursusse wil aan elkeen die geleentheid bied om 'n kursus te doen en 'n sertifikaat te kry.

Lees gerus verder op die verskillende kursusse se blaaie om te sien watter kursusse beskikbaar is sowel as watter aanbiedingsmetodes gevolg kan word. En praat met my as jy enige vrae het!

Ek, Zelna Naudé, is 'n Authorised Sage Learning Partner (Trainer) en beskik oor die nodige kwalifikasies en akkreditasies om Sage Pastel opleiding aan te bied.  Sertifikate as bewys is beskikbaar op aanvraag.  Lees gerus hier meer oor die ontstaan van my besigheid.

Kursusse beskikbaar - Sage50c Pastel Partner Intermediate , Basiese Boekhouding (Fundamental Bookkeeping) en Sage Business Cloud Accounting - kan gedoen word as selfstudie of aangebied word oor ZOOM.

Die sertifikate vir hierdie kursusse word uitgereik deur Sage Pastel nadat eksamens op Sage University geskryf is.  Lees hier meer oor die spesifieke SETA akkreditasie van die Sage50c Pastel Partner Intermediate kursus.

Sage Pastel Payroll & HR, Sage200 Evolution en vele ander Sage Pastel kursusse kan gedoen word deur middel van Sage Pastel se "e-learning" opsie.  

Kontak my gerus vir meer inligting.

Die vraag na Microsoft Office kursusse (Excel, Word ens) is groot en daarom het ek besluit om dit ook aan te bied.  Kyk gerus onder "Microsoft Office kursusse" vir die verskillende opsies wat beskikbaar is.

"Soft Skill" vaardighede is ook in aanvraag en kursusse daarvoor kan nou deur my gedoen word.  Lees gerus hier vir meer inligting daaroor.

 

 



Terug Terug na bo