{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}}{{pricing}} {{item.currency}} {{item.normalPrice}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SAGE50c PASTEL PARTNER INTERMEDIATE 

 

Metode van aanbieding Selfstudie ZOOM TRAINING
Prys vir kursus R5 000 eenmalig R8 000 eenmalig
     
Tydsduur Eie tyd 12 - 16 ure op ZOOM
     
Plek van aanbieding Handleidings word landswyd gestuur Internet - ZOOM meeting
     
Versending van studiemateriaal PostNet to PostNet (verkieslik) PostNet to PostNet (verkieslik)
     
Hulp tydens studie Whatsapp, e-pos, telefoon Direkte hulp op Zoom
     
Taal van handleiding Engels Engels
     
Eksamen Online op Sage University Online op Sage University
     
Tydsduur van eksamen 2 ure 2 ure
     
Slaagsyfer 75% 75%
     
Sertifikaat Erkende sertifikaat van Sage University Erkende sertifikaat van Sage University
     
Versending van sertifikaat Direk vanaf Pastel per e-pos Direk vanaf Pastel per e-pos
     
Hereksamen Is beskikbaar teen 'n koste (+-R950) Is beskikbaar teen 'n koste (+-R950)
     
Ou vraestelle Ongelukkig nie beskikbaar nie Ongelukkig nie beskikbaar nie
     
Afbetaal beskikbaar Ja, maar handleiding word eers gestuur na volle betaling ontvang is. Ja, maar handleiding word eers gestuur na volle betaling ontvang is.
     
Inhoud van kursus Kliek hier Kliek hier
     
Aanlyn inskrywing Kliek hier Kliek hier

 

For more information in English please click here - Sage50c Pastel Partner Intermediate self-study – Avrio Products

U kan kies tussen self-studie (met gratis Video's ingesluit) of  ZOOM Training - vir meer inligting oor "Live Online Training" (ZOOM)  kliek hier, of kyk die video hier (scroll af tot by die LIVE ONLINE TRAINING video asb)

Aangesien daar slegs klein verskille tussen Pastel Xpress en Pastel Partner is, is dit 'n goeie idee om eerder die Pastel Partner kursus te voltooi. Indien jy 'n sertifikaat verwerf vir Pastel Partner sal jy ten volle in staat wees om Pastel Xpress ook te gebruik.

Die Sage50c Pastel Partner  Intermediate kursus se selfstudie prys is R5 000 en kan aanlyn betaal word.

Die kursusfooi sluit in: 

  • Handleiding wat gebruik word tydens opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
  • "Educational" Pastel program wat op u eie rekenaar gelaai word en waarop u die kursus kan oefen
  • Whatsapp, e-pos of telefoniese hulp van die opleier terwyl u in u eie tyd leer
  • Eksamenfooi
  • Sertifikaat

Die opleier is 'n gesertifiseerde, geakrediteerde Sage Authorized Learning Partner.  (Sertifikaat as bewys op aanvraag beskikbaar)

Indien u oor 'n redelike rekenaarkennis beskik en ook 'n bietjie boekhou (Rekeningkunde) ondervinding het, kan u die Pastel Partner kursus as 'n self-studie projek aan pak.   Dit kan aanlyn bestel en betaal word en jy kry dan ook die VIDEO TRAINING gratis saam -  opnames is gemaak van elke liewe detail in die Sage50c Pastel Partner Intermediate handleiding en jy kry hierdie videos (op Dropbox) gratis saam sodra jy registreer en betaal vir die selfstudie opsie.  Jy kan dus self op jou eie tyd deur die handleiding wat jy gaan ontvang werk terwyl jy die videos kyk wat jou wys presies wat om te doen.  Jy kan hierdie videos oor en oor gebruik totdat jy seker is jy is vertroud  met die kursusinhoud en dan kan jy jou eksamen skryf.

Daar is 'n ander opsie ook beskikbaar - LIVE ONLINE TRAINING (ook genoem ZOOM Training)!  Om dit te kan doen benodig jy 'n goeie internetkonneksie en 'n rekenaar met 'n webcam en mikrofoon.  Ons skeduleer dan 'n tyd vir 'n ZOOM meeting en op daardie manier bied ek die kursus vir jou aan oor die internet - so goed asof ek langs jou sit!  Hierdie opsie kan ook aanlyn bestel word - Kliek hier.

Kliek hier vir die volledige inhoudsopgawe van die Sage50c Pastel Partner Intermediate kursus.

Kontak ons gerus vir meer inligting.

       

 

 

 

Terug Terug na bo